Meer-Oor-Ons-knoppie  Tuisblad-knoppie    
Konrad Rode se logo English | Afrikaans
   

Feetjie-illustrasie knoppie
Olie Tydbom illustrasie knoppie
Hanna Hoekom illustrasie knoppie
Troukaartjie-illustrasie
Ryk illustrasie knoppie
Why't Burp  illustrasie knoppie
Skok illustrasie knoppie
Waterbearer illustrasie knoppie
Kenridge Mediese Sentrum brosjure illustrasie knoppie
Martin Tudhope illustrasie knoppie
Journeys in Self-Reflection illustrasie knoppie
Paarl Wijnbouers geïllustreerde padkaart knoppie
Royce skets knopie
"Online" nuusartikels illustrasies knoppie
Karoo illustrasie knoppie

Korporatiewe-identiteitsontwerp-knoppieBrosjure-ontwerp-knoppieAdvertensie-ontwerp-knoppieE-pos-ontwerp-knoppieWeb-ontwerp-knoppie
Illustrasies-knoppieKarikature-knoppieSpotprente-knoppieAnder Uitbeeldings-knoppie

Jy's hier: Tuis > Illustrasies > Karoo / Stroomversnelling / Buys

Boekomslag-illustreerder: "Karoo"

Kliënt: Human & Rousseau Uitgewers

"Op die Wye Oop Karoo", 'n versameling van kortverhale deur bekende Afrikaanse skrywer Abraham De Vries, is in 2002 gepubliseer.

The boekomslag-illustrasie was absurd, in 'n soortgelyke styl as die "Buys" omslag onderaan hierdie blad. Dit weerspieël skreeusnaakse situasies wat gereeld beskryf word in die kortverhale. Ontwerpsgewys is die kleure en lettertipe gekies vir die retro gevoel wat dit die omslag gegee het. De Vries se lesers is tipies van die ouer Afrikaanse generasie en die style herinner mens aan 'n tyd van lank gelede.

Ons het ook probeer om die tema en styl op die agteromslag voort te sit. Kyk 'n bietjie >

Boontoe

 

Boekomslag-illustreerder: "Stroomversnelling" deur by Linda Rode*

Kliënt: Kwela Boeke

Kwela Boeke se opdrag was: Ontwerp 'n boekomslag vir die vervolg van die oorspronklike bundel van nuwe inheemse Suid-Afrikaanse stories deur jong skrywers.

Die titel "Stroomversnelling – Nuwe Suid-Afrikaanse Stories"was ook beskikbaar in Engels as "In the Rapids – New South African Stories".

Die vorige boek in die reeks het 'n tradisionele houdsnee omslag gehad met 'n rooi, wit en swart kleurskema. Konrad het probeer wegbly van daardie styl (gewild onder werkersunies), want hy het gevoel dit mag neerhalend voorkom vir swart lesers. Hy vra hoe hy sou voel – as 'n Afrikaner – as bemarkers hom sou teiken deur ossewaens te gebruik?

Die titel is gemik na alle rasse en kulture en gelukkig het ons totale vryheid gehad met die ontwerp, maar ook 'n beperkte begroting, m.a.w. ons kon nie bekostig om baie tyd te spandeer op gedetaileerde illustrasies nie. Ons het op 'n abstrakte prent vir die agtergrond besluit (dis eintlik 'n vergroting van lopende water, wat 'n kleurfilter en 'n bewegingsvervaging vir effek gegee is).

Die geel en swart patroon aan die kante herinner mens aan waarskuwingstekens vir padwerke, wat verandering, asook die stroomversnellings van die kulturele, politiese, ekonomiese en sosiale rivier van verandering in Suid-Afrika voorstel, waarna so gereeld verwys word in die stories. Hierdie patrone was ook gewild onder negentigerjare nagklub-kultuur en was ook maar 'n baie subtiele verwysing na die Afrika-tradisie van patrone op kleipotte, mure en materiaal.

Die grungy styl van die lettertipe wat vir die titel gebruik is, was baie gewild in Westerse Pop-kultuur in daardie dae.

Die boek is saamgestel deur redaktrise Linda Rode* (sy's terloops Konrad se ma) en Jakes Gerwel (voormalige rektor van UWK en adviseur vir voormalige president Nelson Mandela). Konrad het met redaktrise Erika Oosthuyzen van Kwela gewerk.

Sien die volle grootte boekomslae >

Boontoe

 

Boekomslag-illustrasie: "Buys"

Kliënt: Tafelberg Uitgewers

"Buys," deur Arnold Vermaak, is in 1999 gepubliseer en was 'n absurde storie wat gemik is na Afrikaanse tieners. Tafelberg Uitgewers het ons opdrag gegee om die omslag te skep, en ons wou 'n meer moderne boekomslag-illustrasie hê as die verouderde tradisionele ontwerpe tipies van Afrikaanse verhale.

Die uitleg van die voorblad sou nie moontlik gewees het sonder redaktrise Suzette Kotzé ( ) van Verbatim nie, wat vir alle praktiese doeleindes die kunsredaktrise was.

Terloops, die beeld van die goudvis op die agteromslag was geskandeer, maar die visbak en water was digitaal geskep, lank terug in die ou dae toe "plug-ins" nog nie beskikbaar was om daardie tipe van ding makliker te maak nie. Miskien werk Konrad eendag in ware 3D – wie weet?

Volledige illustrasie hierso >

 

Volgende: Karikature

 

Kry 'n gratis kwotasie
  Kontak Konrad by of by 082 44 66 526 tydens werksure.

E-pos hierdie blad

Gaan na ons nuwe webtuistes:
Spotprentkunstenaar en karikaturis >
Logo & grafiese ontwerper >

LOGO'S ENS. | BROSJURES | ADVERTENSIES |E-POS | WEBTUISTES
ILLUSTRASIES | KARIKATURE | SPOTPRENTE | ANDER UITBEELDINGS




  banier: Spesiale aanbod! 15% Afslag slegs vir nuwe kliënte! Maar gou spring – vóór hierdie aanbod verstryk... Vergrootglas-ikoon: Vergroot

  Volgende: Karikature


* Linda se gesin is baie trots op haar – sy het nou al die M.E.R. Prys twee keer gewen, asook die Alba Bouwer Prys (en C.P. Hoogenhout Toekenning). Sy's verspot toegewy aan haar werk as 'n redaktrise en het al ontelbare nagte deur gewerk om deadlines te haal.

Sy spesialiseer in kinderboeke, en in die geval van tiener- of volwasse boeke gebeur dit gereeld dat sy amper die hele boek "oorskryf" pleks van maar net die redaktrise wees – dis belangrik vir haar dat alle details outentiek is, en Konrad kry soms oproepe van haar af om een of ander detail te na te gaan wat hy dalk mag weet omdat hy in 'n jonger generasie is en 'n bietjie streetwise is. Meer oor Linda Rode >

Boontoe

© Konrad Rode 1998–2019
Kaapstad, Bellville en Durbanville, Suid-Afrika

Konrad Rode se logo