Meer-Oor-Ons-knoppie  Tuisblad-knoppie    
Konrad Rode se logo English | Afrikaans
   

Kristalbal illustrasie knoppie
Vloerinstallering tegniese tekeninge knoppie
Rode's Trends rooi vektor-illustrasie knoppie
Rode Huis padkaartontwerp knoppie
"Air Con" illustrasie knoppie
Middestad Sonsopkoms illustrasie knoppie
Snelheidsmeter illustrasie knoppie
Rode Eiendomswaardasieplanne illustrasie knoppie
Konrad se rekenaarikoonontwerp knoppie

Korporatiewe-identiteitsontwerp-knoppieBrosjure-ontwerp-knoppieAdvertensie-ontwerp-knoppieE-pos-ontwerp-knoppieWeb-ontwerp-knoppie
Illustrasies-knoppieKarikature-knoppieSpotprente-knoppieAnder Uitbeeldings-knoppie

Jy's hier: Tuis > Ander uitbeeldings > Planne & Diagramme

Informasie-ontwerp: Eiendomsplanne

Kliënt: Rode & Genote Eiendomsnavorsers

Ja, ons ontwerp selfs diagramme en straatkaarte. Dis baie netjieser en makliker om te lees as jou tipiese gefotokopieerde kaart of handgetekende diagram. Konrad het 'n obsessiewe persoonlikheid, en dit beteken hy geniet eintlik hierdie tipe werk.

Die bouplanne aan die regterkant was deel van 'n reeks van 'n paar honderd eiendomswaardasie-kaarte wat Rode & Genote gebruik het in 'n voorlegging aan 'n kliënt.

Wanneer ons voorleggings stileer, maak ons seker dat ons kliënt onderskei word van die gewone ou. In die mededingende wêreld van handel moet mens 'n goeie indruk laat om te voorkom dat jou maatskappy verdwyn in die bodemlose put van "net nog 'n besigheid" (gaaaap!).

Verwant: Padkaart-ontwerpe

 

Informasie-ontwerp: Diagramme

Kliënt: The Shuttleworth Foundation

Mark Shuttleworth* se stigting het 'n ywerige belangstelling om die gebruik van Oopbron sagteware ("OSS", vir "Open Source Software") – die term wat sagteware te beskryf wat nie kopiereg het nie, maar instede daarvan 'n gesamentlike poging deur vrywilligers rondom die wêreld is, wat graag die mensdom se lewensstandaard wil verhoog deur geen geld te vra vir sulke produkte nie. Dit help veral Derde Wêreld lande, en is gratis.

Seker die mees bekende Oopbron** produkte is die UNIX-verwante Linux rekenaarbestuurstelsel ("operating system", of "OS") en Firefox, die alternatief vir Microsoft se Internet Explorer.

Konrad is deur Riaan Bredenkamp van The Shuttleworth Foundation gevra om informasiegrafika te skep vir hulle Linux tutoriale vir die TSF webtuiste - om diagramme te teken, so eenvoudig soos dit. Selfs die lêerformaat van die diagramme moes Oopbron wees - in hierdie geval, PNG's pleks van GIF's, wat wel in sommige lande kopiereg het.

Die enigste kleinerige uitdaging was om die diagramme op só 'n manier te skep dat die finale PNG's bitterklein sou wees (lêergrootte, nie mates nie) vir ons pynlik-stadige internet hier in Suid-Afrika, m.a.w. geen komplekse grafika of gradiënte nie, en relatief monochroom.

Volle grootte voorbeelde hier >
(Natuurlik, wat jy sal sien is 'n GIF lêer, want PNG's kan nie animasies wys nie - dis 'n twee-raam skyfievertoning)

Meer voorbeelde van vektor-illustrasies:

 

* Mark Shuttleworth

Hy's nogal 'n legende hier in Suid-Afrika. Hy het 'n ryk man geword toe hy die sekuriteit-sagteware wat sy maatskappy ontwikkel het, verkoop het.

Hy belê toe heelwat van die geld in sy wetenskapsopvoeding-projekte wat deels gemik is om benadeelde mense in Suid-Afrika op te hef, sowel as om 'n drukgroep te vorm om die SA regering en handelswêreld te oortuig om oor te skakel na Oopbron sagteware. Regerings in lande soos Brasilië en Duitsland het dit reeds gedoen. (En ja, Shuttleworth was al in die ruimte, man...)

Een van TSF se mees bekende projekte is Ubuntu, wat nou die mees gewilde weergawe van die Linux bestuurstelsel ter wêreld is, en ook 'n wonderlike alternatief is vir Microsoft Windows.

 

... en dit was ómtrent 'n mondvol gewees. Waar was ons nou weer? O ja.

 

 Next: Ikoon-ontwerp / logo-ontwerp vir ons eie gebruik

 

Kry 'n gratis kwotasie
  Kontak Konrad by of by 082 44 66 526 tydens werksure.

E-pos hierdie blad

Gaan na ons nuwe webtuistes:
Spotprentkunstenaar en karikaturis >
Logo & grafiese ontwerper >

LOGO'S ENS. | BROSJURES | ADVERTENSIES |E-POS | WEBTUISTES
ILLUSTRASIES | KARIKATURE | SPOTPRENTE | ANDER UITBEELDINGS


  banier: Spesiale aanbod! 15% Afslag slegs vir nuwe kliënte! Maar gou spring – vóór hierdie aanbod verstryk...

   Ikoon-ontwerp / logo-ontwerp vir ons eie gebruik
Volgende:

Let wel: "Informasie-ontwerp" verwys ook na 'n aspek van rekenaarsagteware-ontwikkeling, alhoewel "informasie-argitektuur" meer algemeen gebruik word om daardie ene te beskryf. Ons verwys natuurlik na die "uitbeelding van informasie" betekenis van die term, wat gereeld verwys na diagramme en grafieke.

** Oopbron

Gratis Oopbron sagteware wat ons aanbeveel:

Daar's 'n ten volle funksionele en meestal versoenbare, gratis alternatief vir Microsoft Office. Dis OpenOffice, en dis selfs in plaaslike tale beskikbaar soos Afrikaans en Xhosa. Ons gebruik heeltyd Open Source sagteware – in Mac gebruikers se geval, raai ons NeoOffice aan – 'n Mac weergawe van OpenOffice wat slegs vir Macs beskikbaar is. Blykbaar is Apple se kommersiële, maar goedkoop iWork pakket selfs beter om te gebruik as Microsoft Office, maar ons het nog nie 'n kans gehad om dit te toets nie.

Die Firefox webblaaier – die alternatief vir Microsoft se gratis maar kommersiële Internet Explorer – het nou 20% van die wêreldmark en is die mees gewilde blaaier in Europa. Ten spyte daarvan staan ons by Apple se kommersiële maar gratis Safari vir Mac, want dis die vinnigste en mees Mac-agtige blaaier vir Macs. Natuurlik, Google se gratis, kommersiële Chrome is vinnig besig om Firefox in te haal.

'n Alternatief vir Microsoft Outlook ('n goeie produk, moet ons nou self erken) is Thunderbird. Ons is darem steeds sielsgelukkig met Apple se kommersiële en gratis Mail.

Selfs anti-virus sagteware het Oopbron alternatiewe. In Mac se geval, gebruik ons ClamXav - dit het nou wél nie die funksionaliteit van professionele sagteware nie, maar dis genoeg om met die hand spesifieke lêers te skandeer. Ons het natuurlik nog net 2 skadelike sagteware ("malware") op ons Macs teëgekom sedert 1999, en hulle was beide vir Windows bedoel, m.a.w. dit het nie ons affekteer nie.

"Malware" verwys na virusse, Trojaanse perde, wurms en "spyware".

Wil jy jou DVD's op jou rekenaar kopieer? Al wat jy ooit nodig sal hê, is Handbrake.

Het jy video's wat jou rekenaar se videospeler nie kan speel nie? Probeer VLC – dit speel amper enigiets!

En die goeie nuus vir grafiese ontwerpers en illustreerders is dat daar 'n gratis alternatief is vir Photoshop in the vorm van The Gimp met die Gimpshop uitbreiding ("extension"), Separation+ en 'n paar ander plug-ins.

Selfs nog beter nuus vir bogenoemde gebruikers is dat daar 'n uitstekende alternatief vir Illustrator, CorelDraw en goeie ou FreeHand is in die vorm van Inkscape.

En laastens, web-ontwerpers het 'n eweknie vir Dreamweaver in Nvu.

Boontoe

© Konrad Rode 1998–2025
Kaapstad, Bellville en Durbanville, Suid-Afrika

Konrad Rode se logo