Meer-Oor-Ons-knoppie  Tuisblad-knoppie    
Konrad Rode se logo English | Afrikaans
   

Kristalbal illustrasie knoppie
Vloerinstallering tegniese tekeninge knoppie
Rode's Trends rooi vektor-illustrasie knoppie
Rode Huis padkaartontwerp knoppie
"Air Con" illustrasie knoppie
Middestad Sonsopkoms illustrasie knoppie
Snelheidsmeter illustrasie knoppie
Rode Eiendomswaardasieplanne illustrasie knoppie
Konrad se rekenaarikoonontwerp knoppie

Korporatiewe-identiteitsontwerp-knoppieBrosjure-ontwerp-knoppieAdvertensie-ontwerp-knoppieE-pos-ontwerp-knoppieWeb-ontwerp-knoppie
Illustrasies-knoppieKarikature-knoppieSpotprente-knoppieAnder Uitbeeldings-knoppie

Jy's hier: Tuis > Ander uitbeeldings > Ikoon-ontwerp

Ikoon-ontwerp/ logo-ontwerp

Kliënt: Ons

Ons eie logo. So hoekom noem ons dit 'n ikoon-ontwerp? Die logo is oorspronklik vir die klein grootte ontwerp wat jy hierbo sien, so ons moes bietjie "pixel-pushing" doen sodat die lyne steeds duidelik lyk. Heelonder aan hierdie blad kan jy die kleinste grootte (48 piksels) sien waarvoor dit bedoel is.

So, wat's die verskil dan nou eintlik - groot of klein? Wanneer mens vir vertoning op rekenaarmonitors ontwerp, gebeur pikselering, m.a.w. sommige elemente word vervaag of verdwyn sommer wanneer hulle te klein word. As jy hierbo kyk na die logo, sal jy sien dat die loodpunt van die potlood deur slegs ±5 piksels beskryf word. As mens net die logo verklein het na daardie grootte toe, sou die loodpunt onherkenbaar word.

So, nes met alle logo ontwerpe, moet mens seker maak dat dit só eenvoudig as moontlik gehou word, m.a.w. geen komplekse elemente nie, en alle elemente moet redelik groot wees in proporsie met mekaar.

Sien die volle grootte logo >

Sien hieronder vir 'n verwante projek wat ons 'n hele ruk gelede gedoen het.

 

Rekenaarikoon-ontwerp

Kliënt: Thales Telematics Engineering

Thales FMS icons button

Franse maatskappy Telematics het ons genader om 'n stel rekenaarikone te ontwerp wat hulle verskeie rekenaarprogramme vir die Fleet Management System pakket sou voorstel.

Die FMS pakket is 'n sagtewarestelsel wat maatskappymotors en ander voertuie help bestuur (nie fisies nie), insluitend opsporings-stelsels. Die sagteware word in Frankryk, Suid-Afrika en Sjina verkoop, en hulle pre-Windows XP* 8-bit ikone moes heeltemal oorgedoen word.

Aangesien dit vir 'n internasionale mark bedoel is wat verskillende kulture en selfs alfabette insluit, het dit uiteraard sekere beperkings gehad, soos bv. dat ons nie enige letters van die Westerse alfabet in die ikone kon gebruik nie.

Konrad wou nog altyd só 'n projek beet kry. Ikoon-ontwerp is 'n gespesialiseerde gebied en mens het ondervinding in "pixel-pushing" nodig. Konrad het tog nie weer só 'n projek aangepak nie

Noudat Windows uiteindelik – 7 jaar later – met Apple se Mac OS X 48-bit ikone ingehaal het, is Konrad weer geïntereseerd daarin om só 'n taak te verrig. 48-Bit ikone het minder beperkings en is aansienlik minder lelik as daardie ouderwetse ikone van pre-XP dae.

Hier's die ikoon-ontwerpe > (onthou net, ons gaan nou terug na die vroeë 2000's, nê? )

 

Volgende: Logo-ontwerp

 

Kry 'n gratis kwotasie
  Kontak Konrad by of by 082 44 66 526 tydens werksure.

E-pos hierdie blad

Gaan na ons nuwe webtuistes:
Spotprentkunstenaar en karikaturis >
Logo & grafiese ontwerper >

LOGO'S ENS. | BROSJURES | ADVERTENSIES |E-POS | WEBTUISTES
ILLUSTRASIES | KARIKATURE | SPOTPRENTE | ANDER UITBEELDINGS

  banier: Spesiale aanbod! 15% Afslag slegs vir nuwe kliënte! Maar gou spring – vóór hierdie aanbod verstryk... Vergrootglas-ikoon: Vergroot

  Volgende: Logo-ontwerp

* Pikselering, resolusie en anti-aliasing

Wanneer mens 'n gedrukte brosjure lees, is die resolusie omtrent 300 punte per duim ("dots per inch", of "dpi"). Op 'n monitor is dit maar 72 dpi, m.a.w. dis slegs 6% van die visuele informasie van 'n gedrukte brosjure. Monitors gebruik skerp lig in vergelyking met die weerkaatste lig van papier, wat help om die illusie van hoë resolusie te skep. Wanneer mens lees, is mens geneig om effens verder van 'n monitor af te wees as van 'n brosjure, wat ook help.

Gelukkig is die dae van daardie vreesaanjaende aliased ikone nou verby, veral dié van die pre-XP era. Dis deels a.g.v. moderne rekenaar-bestuurstelsels en hardeware.

Aliasing beteken: "Om..." Toemaar, ons teken gou 'n prentjie om te verduidelik:

Voorbeeld van anti-aliasing vs aliasing

Die vergroting aan die linkerkant is ge-aliased. Die een aan die regterkant is anti-aliased. Sien jy wat gebeur het? Aliasing alias elke piksel na sy naaste naburige kleur, pleks van om dit 'n mengsel van naburige kleure te maak. Anti-aliasing is gladder.

Boontoe

© Konrad Rode 1998–2024
Kaapstad, Bellville en Durbanville, Suid-Afrika

Konrad Rode se logo