Meer-Oor-Ons-knoppie  Tuisblad-knoppie    
Konrad Rode se logo English | Afrikaans
   


Godfather karikatuur knoppie
Heineken Man karikatuur knoppie
Manga Feetjie karikatuur knoppie
Konferensiesprekers- & groepskarikatuur knoppie
Mboweni / Erwin karikatuur knoppie
Tutu karikatuur knoppie
Pépe karikatuur knoppie
Madiba karikatuur knoppie
Dingdong meisie karikatuur knoppie

Korporatiewe-identiteitsontwerp-knoppieBrosjure-ontwerp-knoppieAdvertensie-ontwerp-knoppieE-pos-ontwerp-knoppieWeb-ontwerp-knoppie
Illustrasies-knoppieKarikature-knoppieSpotprente-knoppieAnder Uitbeeldings-knoppie

Jy's hier: Tuis > Karikature > "Dingdong" dame

Karikatuur: "Dingdong" dame

Kliënt: Dingdong SA Online Property Directory

OK, dit was 'n eienaardige job. 'n Aanlyn eiendomsgids het ons genader om 'n tipe logo of mascot vir hulle handelsmerk te skep. Sy moes vroulik wees, en natuurlik in kantoordrag. So, Konrad skep toe beide 'n digitale vektor-illustrasie en 'n vrye hand illustrasie van hoe hy gedink het só 'n vrou dalk mag lyk.

Enigste probleem is, in die vryhand weergawe het sy begin lyk soos Konrad se voormalige meisie! Hóé dit gebeur het, weet ons nie, maar dit was vanselfsprekend 'n onbewustelike ding.

Dit moet darem ook gesê word dat daar geen manier op aarde is dat sy eks só sou aantrek nie – om die waarheid te sê, sy's presies die teenoorgestelde. Sy's eintlik 'n mode-ontwerper van informele, alternatiewe uitrustings. Konrad skat dís hoe 'n alternatiewe heelal se Jacqui mag lyk.

Volledige karikatuur en vektorkuns-alternatief (growwe voorleggings) >

 

So gepraat van haar...

Foto-illustrasie: PVC mode-etiket

Kliënt: J. Partridge & Daughters

Die tweede gedeelte van hierdie webblad is eintlik maar 'n gratis advertensie vir 'n talentvolle en ervare mode-ontwerpster.

Ons het 'n reeks plakkate vir J Partridge & Daughters, 'n Kaapse kleding ontwerp-ateljee, ontwerp met behulp van digitale illustrasie-tegnieke - dit was maar meestal rondspeel, net vir pret. Dit was lánk terug in 1999, as Konrad reg onthou. Hierdie plakkate is binnekant die mini-winkelsentrum van die Purple Turtle by Groentemarkplein gehang, waar die ateljee tóé geleë was, om aandag daarna te trek.

Die mode-etiket, besit deur Jacqui Partridge, het destyds in doelgemaakte klere en materiale gespesialiseer – dit het gewissel van fluweel tot PVC (viniel). Die mark was alternatiewe, mode-bewuste vrouens, ouderdom 16 tot 40, en in die geval van PVC was dit spesifiek gemik na die Industrial/Fetish subkultuur.

LW: Jacqui se nuwe winkel, Mystic Rose (ons het nie die webtuiste ontwerp nie), het nou twee takke – in Muizenberg en Kalkbaai. Sy stal ook unieke ontwerpe uit as Jacqueline Partridge. Kontak haar by 021 788 5707.

In hierdie voorbeeld is die oorspronklike foto in swart & wit geskiet deur 'n onafhanklike fotograaf, by Rhodes Memorial in Kaapstad. Ons het die pers waas, dromerige tekstuur en weerlig bygevoeg met gebruik van digitale filters. Die organiese gevoel van die vergrote letters het die gevoel van die agtergond weerspieël.

Nouja, mens kan sien dis nou nie juis 'n kunswerk nie, maar soos voorheen gesê: Konrad het lekker gespeel. Fotograaf: Louise. Model: Candice.

 

Volgende: Spotprente

 

Kry 'n gratis kwotasie
  Kontak Konrad by of by 082 44 66 526 tydens werksure.

E-pos hierdie blad

Gaan na ons nuwe webtuistes:
Spotprentkunstenaar en karikaturis >
Logo & grafiese ontwerper >

LOGO'S ENS. | BROSJURES | ADVERTENSIES |E-POS | WEBTUISTES
ILLUSTRASIES | KARIKATURE | SPOTPRENTE | ANDER UITBEELDINGS

  banier: Spesiale aanbod! 15% Afslag slegs vir nuwe kliënte! Maar gou spring – vóór hierdie aanbod verstryk... Vergrootglas-ikoon: Vergroot

  Volgende: Spotprente

Boontoe

© Konrad Rode 1998–2019
Kaapstad, Bellville en Durbanville, Suid-Afrika

Konrad Rode se logo