"Korporatiewe identiteit" verwys na 'n maatskappy se voorkoms en gevoel, m.a.w. sy logo, amptelike lettertipes, kleure en ander elemente wat daarmee geassosieer word. Die ideale korporatiewe identiteitsontwikkelingsprojek sluit logo-ontwerp, visitekaartjie-ontwerp, lêergidsontwerp en briefhoof-ontwerp in.
Volledige korporatiewe identiteitsontwikkeling
Kliënt: Riakona Recruitment
Mandy Gilder van M-assignments bel Konrad eendag van Johannesburg af om te vra vir 'n algehele ontwerp vir haar nuwe maatskappy. Lekker! Niks soos 'n splinternuwe begin nie, en in hierdie geval wou sy die volgende hê:
Logo-ontwerp
Visitekaartjie-ontwerp
Briefhoofontwerp en dekbladontwerp
Korporatiewe profiel-ontwerp
Lêergids-ontwerp
Komplimentstrokie-ontwerp
Nota-ontwerp en notahouer-gravure
E-pos handtekening
Webwerf-ontwerp
... en T-hemp ontwerp.
Ons kon nie vir meer vra nie. Die enigste vereiste was dat die voorkoms soortgelyk moes wees aan haar ander maatskappy (M-assignments) s'n. Sy't haar eie rugstelsel-ontwikkelaar gebruik vir die webtuiste se databasis-funksionaliteit, sowel as haar eie professionele drukkers in Johannesburg.