'n Lojale kliënt, Louw Redelinghuys* (voorheen van Marine Products / MarPro se opleidingsdepartement), het Konrad in 1992 – tóé nog 'n Grafiese Ontwerp student – gevra om 'n reeks spotprente te teken vir gebruik in sy opleidingsprogramme vir werkers, en Konrad het dit sedertdien aanhou doen.
Daar's 'n broodnodige tendens onder maatskappye om werkers op te lei om 'n sin van trots en eienaarskap te hê in hulle maatskappye om sodoende beter werk te lewer, en aangesien 'n reuse persentasie van Suid-Afrika se werkers ongeletterd is, is spotprente se attention-grabbing humor die ideale hulpmiddel.
In hierdie spotprent het ons twee humoristiese, kalm Boeddhistiese monnike geteken wat mekaar groet, om respek as 'n korporatiewe waarde voor te stel.