Meer-Oor-Ons-knoppie  Tuisblad-knoppie    
Konrad Rode se logo English | Afrikaans
   

Kristalbal illustrasie knoppie
Vloerinstallering tegniese tekeninge knoppie
Rode's Trends rooi vektor-illustrasie knoppie
Rode Huis padkaartontwerp knoppie
"Air Con" illustrasie knoppie
Middestad Sonsopkoms illustrasie knoppie
Snelheidsmeter illustrasie knoppie
Rode Eiendomswaardasieplanne illustrasie knoppie
Konrad se rekenaarikoonontwerp knoppie

Korporatiewe-identiteitsontwerp-knoppieBrosjure-ontwerp-knoppieAdvertensie-ontwerp-knoppieE-pos-ontwerp-knoppieWeb-ontwerp-knoppie
Illustrasies-knoppieKarikature-knoppieSpotprente-knoppieAnder Uitbeeldings-knoppie

Jy's hier: Tuis > Ander uitbeeldings > Padkaart-ontwerpe

Padkaart-ontwerpe

Padkaartontwerp: Straatkaart

Kliënt: Rode & Genote Eiendomsnavorsers

Dit moet seker die mees sieldodende taak denkbaar wees vir sommige ontwerpers, maar soos voorheen genoem, kry Konrad een of ander perverse plesier hieruit.

Die trick met hierdie padkaarte is om 'n roete met so min as moontlik informasie te beskryf. Tweedens, mens moet dink soos die leser dink. Een van die ergste struikelblokke vir ontwerpers is dat – soos tyd verloop met 'n projek – jy oordeel verloor, en só ook dan die leser verloor.

Sien die volledige padkaart > (klein PDF)

Natuurlik is die beter opsie om kaarte ten volle te illustreer, wat hulle baie meer interessant laat lyk en 'n plesier is om te lees. Sien hierdie voorbeeld van 'n kaart vir Paarl Wyn >

 

Padkaartontwerp: Straat- en padkaarte

Kliënt: Narkotika Anoniem Wes-Kaapse Area
 
   

Dis 'n gratis taak wat Konrad vir NA doen'n nie-winsgewende vereniging vir dwelmslawe wat deur voormalige* dwelmslawe gelei word. Hierdie kaarte word aanhoudend bygewerk soos groepe nuwe vergaderings skep wat weer op die kaart aangebring moet word.

*NA lede noem eintlik hulself "herstellende dwelmslawe" as 'n herinnering dat hulle nooit genees is van hulle verslawingsaard nie, en daarom moet waaksaam bly.

Informasie oor presiese vergaderings-liggings is nie altyd beskikbaar nie, omdat dit afhang van informasie wat deur verskillende onafhanklike NA groepe gestuur word, maar met die hulp van padkaartboeke en Google Maps probeer Konrad so akkuraat moontlik wees.

Die voordeel van aanlyn kaarte is dat besonderhede enige tyd verander kan word sonder om weer 'n nuwe publikasie hoef te druk en versprei.

Die probleem met sulke komplekse kaarte wat gereeld verander is dat hulle een of ander tyd chaoties en lomp word van 'n oordosis van informasie. So, elke paar jaar breek die tyd weer aan om alles te herrangskik en redigeer.

Die paaie in die groot Skiereilandkaart het lynbreedtes wat gegrond is op elke pad se maksimum spoed en die aantal lane. Só kan die leser oordeel watter paaie vinniger roetes is in vergelyking met tradisionele kaarte wat bv. 'n Nasionale Pad meer prominent as 'n hoofpad sou aandui, ten spyte van die feit dat sommige hoofpaaie eintlik breër of vinniger is. Konrad glo daarin om persepsie in ag te neem, sowel as om pragmaties te wees.

Die kaarte is slegs in swart en wit, omdat hulle gewoonlik gefotostateer word deur NA lede vanaf oorspronklike drukke van die web af – ons is seker jy't al gesien wat gebeur wanneer jy 'n volkleur kaart of 'n kaart met gradiënte probeer fotostateer.

Ten slotte word hierdie kaarte nie as pikselbeelde soos JPEG's in die PDF gestoor nie, want die lêergrootte sou reusagtig wees vir ons stadige ou internet hier in ons Telkom-gedomineerde landjie, so Konrad stoor hulle liewer as vektorkuns**, wat die PDF se grootte klein genoeg hou vir enigiemand met intreevlak ADSL om dit af te laai. Nog 'n voordeel hiervan is dat mens oneindig baie keer die kaart kan vergroot én dit sal ten spyte daarvan steeds skerp bly.

Al die NA padkaarte > (klein PDF)

Vir meer oor Narkotika Anoniem en take wat Konrad vir hulle verrig, sien hier >

** Vektorkuns is beelde wat deur verskillende punte se koördinate beskryf word, bv. punt A se lokasie is 22 mm na regs en 232 mm ondertoe, wat weer met 'n reguit lyn na punt B toe aanknoop, ens. In die geval van piksel/rasterkuns soos JPEG's, word elke liewe piksel beskryf volgens die ry en kolom waarin dit voorkom. Kaarte en logo's behoort as vektorkuns gestoor te word.

Meer voorbeelde van vektor-illustrasies:

 

 Next: Pseudo-3D illustrasies: "Airflo" & Sokker logo

 

Kry 'n gratis kwotasie
  Kontak Konrad by of by 082 44 66 526 tydens werksure.

E-pos hierdie blad

Gaan na ons nuwe webtuistes:
Spotprentkunstenaar en karikaturis >
Logo & grafiese ontwerper >

LOGO'S ENS. | BROSJURES | ADVERTENSIES |E-POS | WEBTUISTES
ILLUSTRASIES | KARIKATURE | SPOTPRENTE | ANDER UITBEELDINGS


  banier: Spesiale aanbod! 15% Afslag slegs vir nuwe kliënte! Maar gou spring – vóór hierdie aanbod verstryk... Vergrootglas-ikoon: Vergroot

   Pseudo-3D illustrasies: "Airflo" & Sokker logo
Volgende:

Boontoe

© Konrad Rode 1998–2018
Kaapstad, Bellville en Durbanville, Suid-Afrika

Konrad Rode se logo