Een van Konrad se gunstelinge. Eintlik is hierdie spotprent jare vantevore gebruik vir dieselfde publikasie, maar met 'n paar verskille. Die hoofopskrif van hierdie uitgawe van Rode's Report het gelees: "Building industry into ICU."
Die verpleegster en die predikant het so 'n bietjie van 'n "Priester en Prostituut" tema daar. Selfs nie die sexy verpleegster kon die pasiënt nie in die land van die lewendes hou nie. En kyk bietjie na die aasvoël buite die venster (sien die volledige spotprent), wat net wág vir die arme pasiënt om die emmer te skop.
Blykbaar het iemand gekla oor die spotprent en gesê sy vind dit aanstootlik. Konrad reken spotprentkunstenaars sal maar altyd iemand aanstoot gee - dis miskien selfs 'n teken van sukses. Dink maar net aan die Deense koerant se spotprent van Allah en hoeveel k-k dit veroorsaak het – hulle't sekerlik gratis publisiteit gekry. OK, Konrad het geen behoefte om 'n fatwa oor sy kop te hê nie, mind you.
Die verpleegster is sonder twyfel 'n atavisme na dae toe vrouens gesien is as net goed vir een ding. En die dokter het sy stereotipiese gholfbroek aan. En die priester, wel, hy lyk asof hy jare laas pret tussen die lakens gehad het... om die waarheid te sê, seker nooit nie! Wat natuurlik wél die geval met sommige van hulle is. OK, nou moet ek liewer my bek hou.
Konrad belowe plegtig dat hy volgende keer 'n manlike, Chippendale-verpleër sal teken. Hy sal sommer ook in leer aangetrek wees.