Tony Vaughan, hoof van Media Nova in Kaapstad, het Konrad opdrag gegee om 'n reeks redaksionele spotprente te teken, wat toe die Felicity Fowl reeks geword het. Die spotprente het gebeurtenisse in Suid-Afrika se duurste residensiële eiendomsmark op 'n humoristiese (en soms verpletterende) manier weerspieël.
Hierdie voorbeeld verwys na die toe jongste neiging om eiendom op wynplase te koop te bied, met onbeperkte gratis wyn as aansporing – die resultaat hiervan kan aan die regterkant gesien word, waar Felicity Fowl die volstruis en haar vriendin sommer lekker* dronk raak.
*Konrad wou eintlik 'n ander bywoord hier gebruik.
Mens sou dink dat net alkoholiste vir só 'n aanbod sou val, maar nou ja, wynplase het seker nogal 'n romantiese gevoel...
Wat jy nie sien in hierdie afgesnyde weergawe van die spotprent nie, is 'n bord wat na die plaas toe wys en sê: "Dronkverdriet Wine Estate".
Terloops, lyk dié twee nie vir jou vreeslik ... koloniaal nie?
Kontak Konrad by
of by 082 44 66 526 tydens werksure.