Spotprente werk tog sóveel beter om enige tipe boodskap oor te dra. Visuele kommunikasie soos humoristiese illustrasies verseker dat die boodskap in die kyker se geheue ingeprent word.
Konrad reken dat hierdie ene baie goed uitgekom het. Die spotprent is geteken vir 'n advertensie wat Rode via e-pos gestuur het na paneellede, om 'n spesiale aanbod vir advertensieplasing in Rode se mees bekende navorsingspublikasie Rode's Report aan te kondig.
Die retro ou met die megafoon skree omtrent na die kyker oor die aanbod, in helder en warm rooi en oranje kleure!