Meer-Oor-Ons-knoppie  Tuisblad-knoppie    
Konrad Rode se logo English | Afrikaans
   

Feetjie-illustrasie knoppie
Olie Tydbom illustrasie knoppie
Hanna Hoekom illustrasie knoppie
Troukaartjie-illustrasie
Ryk illustrasie knoppie
Why't Burp  illustrasie knoppie
Skok illustrasie knoppie
Waterbearer illustrasie knoppie
Kenridge Mediese Sentrum brosjure illustrasie knoppie
Martin Tudhope illustrasie knoppie
Journeys in Self-Reflection illustrasie knoppie
Paarl Wijnbouers geïllustreerde padkaart knoppie
Royce skets knopie
"Online" nuusartikels illustrasies knoppie
Karoo illustrasie knoppie

Korporatiewe-identiteitsontwerp-knoppieBrosjure-ontwerp-knoppieAdvertensie-ontwerp-knoppieE-pos-ontwerp-knoppieWeb-ontwerp-knoppie
Illustrasies-knoppieKarikature-knoppieSpotprente-knoppieAnder Uitbeeldings-knoppie

Jy's hier: Tuis > Illustrasies > Troukaartjies

Troukaartjie-illustrasie

Kliënt: Zeki Hilmi & Zandri Gutteridge

Hierdie A5-grootte gevoude kaartjie was 'n passie vir Konrad, sowel as 'n trougeskenk vir sy twee goeie vriende. Dit het hom uiteindelik die kans gegee om te eksperimenteer met daardie krullerige, geblomde silhoeëtte wat deesdae so gewild is.

Dit was gelaserdruk op 'n ligte roomkleur kaartjie wat 'n effense glinster gehad het wanneer mens dit in die sonlig sien, wat weer die bruin ink 'n brons weerkaatsing gegee het. As gevolg van 'n tekort aan tyd, het die kliënt het besluit op 'n drukmetode waarvor die kaartjies nie bedoel is nie – sien die regterkolom vir meer oor drukmetodes. Hy was tóg gelukkig met die resultaat.

Sien die vergrote buiteblad-ontwerp hier >

Die illustrasie het elemente bevat soos Zeki's se erfenis (Turkye en Italië, maar in Londen grootgeword) en Zandri s'n (Suid-Afrika – Tafelberg en olifante), in 'n gestileerde oerwoud van gras, klimoppe, blomme en skoenlappers.

Zeki het onlangs sy eie houtwerkbedryf begin in Bergvliet – Creative Carpentry – en met dié bring hy toe 'n werksetiek wat skaars is in Kaapstad – spoed, betroubaarheid en trots in sy werk. Zandri werk as 'n verslawingsberader en bestuurder by Tharagay House in Kenilworth – SA se oudste en mees ervare sekondêre verslawingsorg-sentrum.

 

Volgende: Illustrasie vir navorsingspublikasie: "Ryk"

 

Kry 'n gratis kwotasie
  Kontak Konrad by of by 082 44 66 526 tydens werksure.

E-pos hierdie blad

Gaan na ons nuwe webtuistes:
Spotprentkunstenaar en karikaturis >
Logo & grafiese ontwerper >

LOGO'S ENS. | BROSJURES | ADVERTENSIES |E-POS | WEBTUISTES
ILLUSTRASIES | KARIKATURE | SPOTPRENTE | ANDER UITBEELDINGS


  banier: Spesiale aanbod! 15% Afslag slegs vir nuwe kliënte! Maar gou spring – vóór hierdie aanbod verstryk... Vergrootglas-ikoon: Vergroot

   Illustrasie vir navorsings-publikasie: "Ryk"
Volgende:

Laserdukwerk vs. Litografie

Laserdrukwerk ("instant print shops" maak van hierdie metode gebruik) maak sin wanneer mens binne 24 uur die job wil klaar hê – in vergelyking met litografie se week-lange turnaround – maar wees gewaarsku oor laserdukwerk se lae kwaliteit. Sien hieronder:

Voorbeeld van laser vs litografie
Laserdruk   Litografie (Pantone)

Nadele van laserdruk
  • Onvoorspelbare kleur-akkuraatheid
  • Ligte kleure verdwyn
  • Wollerige lyne
  • Onegalige kleure
  • Kan nie druk op growwe teksture nie
  • Duurder in groot hoeveelhede
Let op die verlore detail in die ligte areas:

Voorbeeld van laser vs litografie
Laserdruk (bo) en Litografie (Pantone) (onder)

Ten spyte van ons harde werk om op te maak vir laserdrukkers se se swak wit punt, selfs ná ons die kleur aangepas het sedert ons 'n toetsdruk gesien het, was die finale produk 'n teleurstelling.

Laserdrukkers kan jou verskillende resultate op verskillende dae gee, afhangende van wanneer laas dit gediens is en hoeveel keer dit gebruik is sedert die toetsdruk. Wees maar versigitg met instant print shops.

Boontoe

© Konrad Rode 1998–2019
Kaapstad, Bellville en Durbanville, Suid-Afrika

Konrad Rode se logo