Pieter de Waal, voormalige eienaar van Vinotage moet krediet neem vir die konsep van die logo. Die logo, ontwerp in daardie gewilde Kaapse "freestyle", het sy connoisseurs-wynwinkel in Tygerberg, Kaapstad verteenwoordig.
In Suid-Afrika lyk wynetikette en -logo's tradisioneel konserwatief – ons bedoel ten minste 'n eeu of twee oud! Dis seker oor ons isolasie van die res van wêreld tydens die tyd wat wynetikette in Europa gemoderniseer was.
Terwyl ons nie die tradisionele wynmark wou vervreem nie, het ons 'n meer "90's Kaapse" gevoel behou met die moderne maar sagte lettertipe en algehele ontwerp, maar darem terselftertyd die kleure aards en "wynerig" gehou.
Pieter is 'n groot wynliefhebber, en dit sou die begin van sy loopbaan as 'n wynkenner wees. Hy sou later verantwoordelik wees vir die bemarking van Paarl Wijnbouers en die Durbanville Wynvallei Vereniging, vóór hy sy eie wynhandelsnaam – die gewilde huiswyn Hermit on the Hill wat hy vanaf Bellville bestuur - sou bekendstel, waarvoor ons ook die wynetiketontwerp geskep het.
Kontak Konrad by
of by 082 44 66 526 tydens werksure.