Meer-Oor-Ons-knoppie (gedeaktiveer)  Tuisblad-knoppie    
Konrad Rode se logo English | Afrikaans
   
 
Korporatiewe-identiteitsontwerp-knoppieBrosjure-ontwerp-knoppieAdvertensie-ontwerp-knoppieE-pos-ontwerp-knoppieWeb-ontwerp-knoppie
Illustrasies-knoppieKarikature-knoppieSpotprente-knoppieAnder Uitbeeldings-knoppie

Jy's hier : Tuis > Meer oor my

Meer oor Konrad



Op hierdie blad:
Wat maak my so spesiaal?
  Wat ek nié doen nie
Waar's my ateljee?

Wat maak my so spesiaal?

Ontwerp versus ego

My  praktiese benadering met ontwerp dien my kliënte en hulle onderskeie markte pleks van my ego. Dis iets wat goeie ontwerpers eers leer soos hulle ouer word.

Kopiereg

My ontwerpe behoort aan my kliënte – hulle't tog daarvoor betaal, of hoe? Baie ontwerp-ateljees glo graag hulle besit die kunswerk, sodat wanneer hulle 'n kliënt verloor, hulle óf weier om die oorspronklike ontwerpe te oorhandig, óf hulle slegs lae resolusie weergawes oorhandig.

Sodra 'n projek klaar (en betaal) is, stuur ek die oorspronklike ontwerpe.

Oor webtuiste-ontwikkeling

Let wel: Ek doen nie meer webontwerp nie.

My kliënte

My tipiese kliënte is klein maatskappye of individue, al hét ek al groot korporasies as kliënte gehad het - in laasgenoemde geval, is dit gewoonlik werk wat vir streek-spesifieke afdelings gedoen word.

Ek verstaan wat dit beteken om van nuuts af te begin, so ek stel goedkoper opsies aan voornemende kliënte voor wanneer hulle nog nie die ideale begroting het nie, selfs al beteken dit soms dat ek niks werk by hulle kry nie - ek was op 'n stadium self daar gewees.

Boontoe

 

Wat ek nié doen nie

Ek het (nog) nie superpowers nie. Alhoewel ek ál die dienste wat bo genoem word, self doen, is daar ander dienste wat ek aan ander, betroubare diensverskaffers uitkontrakteer. My kliënte is natuurlik altyd welkom om hulle eie diensverskaffers te gebruik.

So, dis wat ek nié doen nie:
  1. Ware 3D uitbeeldings
  2. Karikature in lewende lywe
  3. Professionele drukwerk (uitgekontrakteer)
  4. Visitekaartjies en briefhoofde as selfstandige dienste

    Al is my tariewe baie redelik, bespreek ek openhartig goedkoper opsies met voornemende kliënte wat platsak is.

    Hier's 'n voorbeeld: Gewoonlik ontwerp ek nie visitekaartjies as 'n selfstandige job nie, tensy die kliënt bereid is om R1 000+ uitsluitende drukkerskoste te betaal vir iets spesiaals of ongewoons.

    Ek ding nie mee met direkte drukwinkels ("instant print shops") soos Quickprint nie. Hulle's ideaal vir vre- goedkoop, vinnige maar generiese visitekaartjies, en hulle sal waarskynlik vir jou 500 kaartjies ontwerp en druk vir slegs R500.

Kontak my  gerus vir 'n gratis kwotasie.

Boontoe

 

Waar's my ateljee?

By my huis in Eversdal (in Durbanville), Kaapstad, maar ek verkies om kliënte aanlyn te ontmoet.

So, laat ons kyk of ek kan help ;-)

 

Kry 'n gratis kwotasie
  Kontak Konrad by of by 082 44 66 526 tydens werksure.

E-pos hierdie blad

Gaan na my nuwe webtuistes:
Spotprentkunstenaar en karikaturis >
Logo & grafiese ontwerper >

Spyskaart:
LOGO'S ENS. | BROSJURES | ADVERTENSIES |E-POS
ILLUSTRASIES | KARIKATURE | SPOTPRENTE | ANDER UITBEELDINGS

Selfportrait?
  banier: Spesiale aanbod! 15% Afslag slegs vir nuwe kliënte! Maar gou spring – vóór hierdie aanbod verstryk...  

   Logo-ontwerp en korporatiewe identiteitsontwikkeling
Volgende:

 
 

Boontoe

© Konrad Rode 1998–2026
Kaapstad, Bellville en Durbanville, Suid-Afrika

Konrad Rode se logo