Konrad het hierdie illustrasie as vektorkuns begin, tóé dit ge-pikseleer en gemanipuleer deur 'n houtpatroon by die podium en vloer te voeg, en dan perspektief te gee. Toe is die illustrasies van die huise, fabriek en wolkekrabber in 'n sfeer-vorm gebuig, en daarná is 'n ingewikkelde oortrekking van 'n sfeer bygevoeg, wat ook van nuuts af geskep is. Alle lae is toe verskillende versadiging en/of kontras gegee om hulle afstand na die kyker duideliker te maak, en uiteindelik is weerkaatsings en skaduwees bygevoeg.
'n Sokkerbal-patroon is later by die kristalbal gevoeg om die volgende jaar se 2010 FIFA World Cup, asook vrae rondom die moontlike impak op eiendom – indien enige – voor te stel.
Let wel: Ons skep nie ware 3-dimensionele illustrasies nie – slegs pseudo-3D, m.a.w. 2D illustrasies wat 3D namaak, maar wat daarom nie hééltemal so realisties is nie. Dis ideaal vir sommige redaksionele illustrasies.