Rode's South African Property Trends is deel van 'n reeks elektroniese publikasies deur eiendomsekonome Rode & Genote. Hierdie "aanlyn" publikasies het stadigaan die gedrukte weergawes verplaas soos die wêreld wakker word tot die gebruikersvriendelikheid en voordele van die Wêreldwye Web.
Aangesien dit 'n 5-jaar kykie in die toekoms van die eiendomsekonomie is, sowel as die top Rode publikasie wat vir R14 000+ per jaar verkoop (2 uitgawes), moes Trends 'n unieke en upmarket ontwerp hê om sy waarde te onderstreep. Ons het vir 'n skoon, skerp beeld gemik met vektorillustrasies, maar tog sê dit nie "mode-tydskrif" nie – dit moet tog sê "navorsing, syfers, objektief".