Heelwat van Konrad se illustrasiewerk kan as spotprente, "ander uitbeeldings" of karikature geklassifiseer word. In hierdie, die "Illustrasie" gedeelte van die portefeulje, het ons probeer om net die voorbeelde te wys nie onder die ander kategorieë val nie. Tog is 'n paar voorbeelde herhaal in meer as een deel van die portefeulje.
Illustrasie van manga-styl feetjie
Persoonlike projek
Dit was 'n persoonlike projek van Konrad wat rondom die jaar 2000 geskep is. Hy wou die wese van 'n pragtige en unieke kennis van hom in 'n feetjie-karikatuur vaslê, in Japanesecomic-styl (manga).
Die klimop-blare was geskandeer, digitaal uitgesny en geplak, en die res is met die hand geteken, geskandeer en digitaal gemanipuleer in beide vektor and piksel-gebaseerde ontwerpsprogramme. Kleur is digitaal ge-airbrush. As Konrad dit weer kon doen, sou hy die blare liewer net gefotografeer het.