"Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom" deur voormalige TV-aanbieder Marita van der Vyver, is een van 5 boekomslae wat Konrad geskep het vir Tafelberg Uitgewers se tweejaarlikse Sanlam-prys vir Jeuglektuur vir 2002. Hy was verantwoordelik vir beide die boekomlag-illustrasie en -ontwerp.
Die boek vertel die storie van 'n meisie wat in opstand kom teen haar arty farty ma en ongewone en reuse huisgesin, deur 'n plain Jane te wees en van haar wêreld te ontsnap d.m.v. haar uitsonderlike verbeeldingsin.
Al die boekomslae wat vir hierdie projek geïllustreer is, is in "comic" boek of grafiese roman styl geskep vir die tienermark (daar was daardie dae skielik wêreldwyd vernuwe belangstelling in grafiese romans). Die styl is ook natuurlik inherent kleurryk, wat 'n bonus is.
Die redaktrise met wie Konrad gedurende die projek gewerk het, was Louise Steyn, met die onskatbare hulp van assistent-redaktrise Suzette Kotzé, met haar sin vir uitleg. Die boek het toe die gesogte Goue toekenning gewen.
Hanna Hoekom het ook Exclusive Books seTop 10 Kinderboeke gehaal, en blykbaar het dit opvallend gelyk op die besige boekrakke van dié eksklusiewe boekhandelaar. Ons glo dat 'n goeie boek 'n goeie omslag moet hê wat dit weerspieël. Die publiek gaan tóg elke boek oordeel volgens sy omslag :-)
Konrad wens net hy't daardie buitelyne gestileer, m.a.w. meer soos "felt pen"-werk laat lyk, met wisselende breedte.