Lynedoch-ontwikkeling het 'n logo en brosjure nodig gehad wat die wese van hulle Lynedoch Eko-oord projek van die vroeë 2000's sou vaslê: Volhoubaarheid, kostedoeltreffendheid en innovering.
Hierdie gemeenskapsentrum buite Stellenbosch, is gebou vir die plaaswerkersgemeenskap en het 'n skool ingesluit. Die moeite wat die argitekte – ARG Design van Observatory – sou doen om energie te herwin en geen skade aan die omgewing te doen nie, en terselftertyd die kostes laag te hou, was verstommend.
Die brosjure is gemik na beide plaaslike en internasionale belanghebbende partye; daarom moes dit beide "groen" én professioneel lyk. Ons het weggebly van die klassieke reghoekige beeld en het liewer 'n vierkantige brosjure met subtiele, aardse kleure en wye reëlspasiëring geskep. Die brosjure is op herwinde papier gedruk.