Behalwe vir wat ons reeds ken as konvensionele reklame vir die gedrukte Pers, bevat hierdie gedeelte ook voorbeelde van banier advertensies vir webtuistes.
Ad-ontwerp vir eiendomswaardeerders
Kliënt: Rode Waardasies
Rode Waardasies eiendomswaardasies en -navorsing – 'n afdeling van Rode & Genote in Bellville, Kaapstad – moes hulle eiendomswaardasie-dienste adverteer aan top kliënte – Rode is moontlik die grootste waardasiemaatskapy in Suid-Afrika.
Met hierdie advertensie-ontwerp het ons vir die gladde,wit voorkoms gemik, sodat dit nie verwar word met soortgelyke dienste vir kleiner entiteite nie.
Ad-ontwerp vir stadsbeplanners
Kliënt: RodePlan stads- en streeksbeplanning
Hierdie advertensie-ontwerp is geskep vir nog 'n afdeling van Rode & Genote, RodePlan Ruimtelike en ontwikkelingsbeplanners en ekonome. Soos met die waardasies-advertensie hierbo, het ons gehou by die skoon, wit beeld vir professionalisme, en korporatiewe identiteits-kontinuïteit. Eenvoud is die belangrikste. Sê minder wanneer mens kan.