Tydens die Eskom gemors, toe ons daardie weeklikse kragonderbrekings moes verduur, het Konrad ten minste die snaakse kant daarvan gesien, al wás dit nou met sy tipiese swart humorsin. Hierdie rowwe, 3-raam advertensie wat in 2006 sommer vir die pret geskep is, beskryf die vreesaanjaende toekoms van Koeberg Kernkragsentrale: As Eskom só onbekwaam is, hoe veilig voel ons nou rêrig hier in Kaapstad?
Konrad skat dis 'n goeie ding dat die nasionale regering nog nie die parlement na Pretoria toe getrek het nie – hy slaap beter met die wete dat die regering hulle eie lewens waag saam met die res van ons visdorpelinge vir 6 maande van die jaar *grynslag*