Hierdie boekomslag deur bekroonde Suid-Afrikaanse / Britse skryfster Dianne Hofmeyr het 'n gunsteling projek geword vir Konrad.
Konrad haat dit om fiksie te lees... tensy dit WETENSKAPSfiskie is. Die redigeerder het hom gedwing om die boek te lees, en toe kon Konrad nie die boek toemaak nie. Dis een van daardie stories wat só ryk aan visuele elemente is dat jou verbeelding wild gaan. Hierdie "tradisionele media" illustrasie is met 'n muis geskep – geen verfborsels of pentablette nie.
Dis die storie van 'n Arabiese handelaar se seun wat 'n ongeluk ter see oorleef, maar dan deur krygers in gevangenis geneem word aan die kus van Oos-Afrika, baie eeue gelede. Die seun se reis na die binneland toe word dan 'n reis na volwassenheid.
Die boek's gemik na tieners en jong volwassenes en is deur Tafelberg Uitgewers van Kaapstad uitgegee. Dit het toe die gesogte Suid-Afrikaanse M.E.R. Prys vir die beste kinderboek of jeugpublikasie in 2002 gewen.
Selfs die agteromslag het sy aandeel van lofprysing deur die redaktrise en die skryfster ook gekry. Dis 'n vertolking van 'n toneel waar die Arabese seun vervoer word in 'n klein rivierboot deur sy gevangenemers. Wat jy sien is wat hy sien* terwyl hy op sy rug lê - die riete en die maan. Die maan is 'n herhalende tema in die storie en stel tyd in Afrika voor. Die seun se visioen is vervorm a.g.v. koors nadat hy met gifpyle geskiet is, en wat jy sien is sy effens hallusinogeniese ondervinding.
* Die sterre – en dis bewys van Konrad se obsessiewe neigings – is in die presiese posisie waarin hulle sou wees 'n paar eeue gelede naby Zimbabwe. Die linkerkant is die westelike kant. Goed, net vir ingeval enige astronome dit lees: Die sterre is effens van hulle normale posisies af a.g.v. die visuele vervormings in die karakter se verstand, en die maan is baie vergroot vir effek...