Die hoofopskrif vir hierdie Lente 2005 uitgawe van Rode's Retail Report het gelees: "Potential time bomb". Konrad en Rode se hoof, Erwin Rode, was verheug met die finale illustrasie.
Die Amerikaanse besetting van Irak was al vir geruime tyd aan die gang, en 'n oliekrisis was moontlik aan die horison. Konrad het digitale vingerverf gebruik om daardie olierige gevoel op die vate te skep, en het die kleure woestynerig, slyk-agtig gehou.
Rode's Retail Report is slegs in in PDF formaat beskikbaar.