Konrad kry 'n sekere bevrediging wanneer hy hierdie tipe werk doen – gewoonlik vir instruksies/handleidings. Dis dieselfde gevoel wat mens kry wanneer jy grasperk sny. Dit mag wel vervelig lyk, maar dit bevredig daardie obsessief-kompulsiewe persoonlikheidstrek.
Al hierdie digitale sketse is natuurlik geskep as vektorkuns (lynkuns pleks van gepikseleerde kuns).
Gekko het ons opdrag gegee om 'n reeks instruksiepanele te illustreer vir hulle verpakking, wat verduidelik hoe om hulle spesiale sitplekgordel vir swanger vrouens te gebruik.
Soos reeds bo genoem, kry Konrad 'n sekere kick uit hierdie tipe handleidings se lyntekeninge skep – hy's 'n vektorliefhebber.