Vir hierdie uitgawe van Rode's Report se voorblad, het ons 'n denkbeeldige middestad geïllustreer wat deur bekende versekeringsmaatskappye beset word, vir wie die opskrif goeie nuus beteken.
Dit was een van ons eerste illustrasies vir Rode & Genote.
Vir hierdie uitgawe van navorsingspublikasie Rode's Retail Report, het Konrad gesoek (en gesoek) vir hoë resolusie of vektorformaat kopiereg-vrye prente van speelkaarte (Konrad dink hy't hulle toe uiteindelik by Wikipedia gevind). Toe skep hy 'n piramiede van hulle deur hulle perspektief, skaduwees en beligting te gee.
Let wel: Ons skep nie ware 3-dimensionele illustrasies nie – slegs pseudo-3D, m.a.w. 2D illustrasies wat 3D namaak, maar wat daarom nie hééltemal so realisties is nie. Dis ideaal vir sommige redaksionele illustrasies.