Toe Konrad vir SmartArt* werk in 1998, het hy 'n lugreëlingsknoppie (soos wat mens in 'n motor sien) vir 'n point-of-sale plakkaat ontwerp wat Rox Leathers se jongste accessory adverteer – die Airflo motorfietsbaadjie. Die baadjie is vir Suid-Afrikaanse weer ontwerp, en is geperforeerd om mens se vel te laat asem haal in somertoestande.
Aangesien ons nie op daardie stadium 'n professionele fotograaf kon bekostig nie, is die plakkaat van die begin af digitaal geïllustreer. Die agtergrond is leer. Ons moet sê, as ons nou só daarna kyk, lyk die agtergrond nie juis na 'n leerbaadjie se tekstuur nie, maar dit maak nie saak nie, want die advertensie het tóg gewerk. Geen 3D programme** of 3D plug-ins is gebruik of misbruik nie ;-)
** 3D programme:
Konrad het eenkeer 'n 3D program probeer, maar toe hy dit oopmaak, kon hy nie 'n enkele term in die drop down menus herken nie, so toe gee hy sommer op. Ware 3D Rendering is iets wat liewer aan die spesialiste oorgelaat moet word, nes animasie.
Krediet gaan na Phil Evans van Rider Trade vir die konsep.
Michelle Van Staden van DWV het Konrad gevra om 'n logo te ontwerp vir hulle "Sokkerkoors" fees gedurende die FIFA Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika in 2010. Hy begin toe met Google Images se gevorderde soekenjin, en ná so ±100 jaar* van soek, vind hy toe 'n nice, hoë resolusie sokkerbal wat nie gelyk het asof dit kopiereg probleme sou hê nie.
Die voetbal het 'n ander land se ontwerp oral oor dit gehad, en so begin toe die moeisame proses om die kleure te verwyder, wat ook beteken het hy moes die gevolglike oneweredige skaduwees en weerkaatsings met die hand verwyder, wat 'n groot klomp rondneukery met kleurkanale en lae beteken het.
Wat? Lees jy nog steeds? Jirre, jy moet verveeld wees. Bel ons nou dadelik vir 'n kwotasie, man! Hierso: 082 44 66 526.
Anyway, in Wikipedia het Konrad toe al die voorste deelnemers se vlae afgelaai, hulle in allerhande rangskikkings probeer, insluitende hulle in heksagonale vorms knip, hulle in 'n patroon saamplak ens., maar besef toe dit kon dae neem, so toe gooi hy maar die Suid-Afrikaanse vlag oor die bal deur die vlag te spherise voordat hy dit toe op die bal plak.
Die vuvuzelas was ook nogal moeilik om in die hande te kry want die meeste foto's het duidelik kopiereg gehad, maar aanhouer wen, soos hulle sê, en so verwyder Konrad toe die regte vuvu se kleur, voeg 'n selfgemaakte weerkaatsing en skaduwee, asook sy eie kleure by, en siedaar!
Nodeloos om te sê het was dit vêr verby die Durbanville Wine Valley opdrag, so ons het darem nie vir die ekstra ure gecharge nie.
Moenie bekommerd raak as jy Konrad se obsessiewe kant ontdek nie – hy probeer om dit nie sy kliënte se probleem te maak nie, en in elkgeval, sy kat en huidige ontwerpsvennootSpike maak doodseker dat Konrad nie vassteek in 'n projek nie (hy het vreesaanjaende tande en kloue, ten spyte van sy 80-jarige ouderdom).
In elkgeval, die resultaat was amper eetbaar. En ja, ons weet die lig se oorsprong is verkeerd, maar wie gee nou rêrig om? Sien die volledige logo in al sy glorie >
* Teen hierdie tyd was internetaansluitings in Suid-Afrika reeds vinnig genoeg om bruikbaar te wees, en Google sou Konrad na voorafbereide 3D modelle verwys het deur slegs sy breingolwe te lees, maar ongelukkig het Konrad eers hierdie diens ontdek nadat hy reeds die temporale koördinate in die uiters duur maar pragtige Apple iTimemachine gevoer het (hy't dit sopas toe by Amazon Science gekoop), om terug te gaan na die huidige tyd (2010), net betyds vir die Wêreldbeker feeste.
SmartArt was 'n side project vir Phil en Oliver Moritz se Rider Trade. Dis natuurlik waar Konrad sy berugte leerbroek vandaan gekry het.
Daardie klein ontwerpateljee was van onskatbare waarde vir Konrad om sy ontwerploopbaan te kickstart, nadat hy in die ontwerpwêreld vermis was vir baie jare, en hy's vir ewig dankbaar aan daardie twee. Oliver is 'n goeie vriend van Konrad sedert hulle maar nog 5 jaar oud was, en Oliver kan beskryf word as 'n Jack of all trades.
Oliver was/is al 'n direkte verkoopsman, eiendomsagent, rekenmeester en maatskappybestuurder en -lid, en het al vir enigiets vanaf politieke partye tot sagteware-maatskappye gewerk. Aan die ander kant is Oliver se passie sy handel in enigiets vanaf versamelaar-strokiesboeke tot versamelaarspeelgoed tot muntstukke. Sy beste kenmerke is sy hoë intelligensie, eerlikheid, hardwerkendheid, lojaliteit, sagmoedigheid, noukeurigheid en regverdigheid.
Konrad maak gereeld die grap dat as die wêreld aan sy einde kom, Oliver die eerste en laaste sal wees wat in iets nuttig handeldryf. Jy kan hom in die hande kry by 076 036 0470 as jy belangstel in sy versamelaarstukke, of as jy iets het om te verkoop.