Hierdie was 'n persoonlike projek van Konrad van rondom die jaar 2000. Hy wou die wese van 'n pragtige vriendin van hom vaslê as karikatuur van 'n feetjie, in Japanese strokiesprent-styl (ook bekend as manga).
Hy't maar op sy geheue staatgemaak, maar gelukkig is die natuur van hierdie styl nie juis akkuraatheid nie. Al wat hy rêrig moes regkry, was 'n hoogs-gestileerde weergawe van haar oë, wenkbroue, hare en sagte mond (klein, want dis noodsaaklik in manga-styl).