Toe hulle die "Godfather" karikatuur op hierdie webtuiste raaksien, bel Mareli Jordaan van Mowbray, Kaapse advertensiemaatskapppy Grey vir Konrad vir sy karikatuur-vaardighede – hulle't 'n karikatuur van handelsmerkbestuurder Franco Maria Maggi benodig – die Heineken handelsmerk was sy projek. Die karikatuur is aan Franco gegee as 'n afskeidspresent nét voor hy Suid-Afrika vir Meksiko verlaat het.
Elemente wat hulle wou hê Konrad moes inkorporeer, was Franco se Italiaanse bloedlyn (gebore en getoë), sy ongelooflike reis-geskiedenis (hy's omtrent al in elke land in die wêreld gewees), sy liefde vir musiek, Heineken, sy stuitigheid en goedgesinde sorgsame aard, en sy skerp sin vir humor.
So, Konrad kleur toe sy baadjie groen in, vir beide die Italiaanse gevoel en die Heineken handelsmerk se kleur. Die agtergrond was 'n cowboy film se sonsondergang à la"riding into the sunset", met 'n paar kaktusse vir die Meksikaanse verwysing. Die res is voor die hand liggend.