Doe ontwerp van hulle visitekaartjie en logo was die eerste stap in die ontwikkeling van ARG Design se korporatiewe ID.
ARG Design is argitekte en stads- en streeksbeplanners geleë in Observatory, Kaapstad. Hulle portefeulje bestaan o.a. uit volhoubare, gemeenskapsgedrewe projekte.
Die kliënt wou eers organiese, esoteriese simbole in groen kleure gebruik. Al het dit wél hulle filosofie goed beskryf, kon dit hulle dalk vervreem van die konserwatiewe (en soms bygelowige!) Suid-Afrikaanse mark.
Ons besluit toe om reghoeke te gebruik om die sistematiese aard, asook die doelmatigheid van hulle werk aan te dui. Aardse kleure is gebruik om harmonie met die omgewing aan te dui. Om hulle estetiese waardes voor te stel, het ons dun buitelyne vir die reghoeke gebruik, en vir die logo self 'n kursiewe, serif 'AR' vir gesofistikeerdheid, asook die soliede 'G' vir betroubaarheid gebruik.
Die visitekaartjies (blykbaar korrekte Afrikaans vir "besigheidskaartjies") is op herwinde papier gedruk en ons het later ook vir hulle 'n portefeulje ontwerp.
Konrad het sedertdien heelwat werk vir IG Architects gedoen – besit deur István Gosztola, voormalig van ARG Design.