Paarl Wyn (Paarl Wijnbouers) het 'n nuwe logo benodig om hulle voorkoms te moderniseer, so toe skep ons die "stempel" effek, met vertikale lyne en wynvlekke vir tekstuur wat mens aan wyn en eikehoutvate herinner.
"Wynroete" verwys natuurlik na die gewilde omgewing in die Kaapse Boland wat die gesogte wynlanderye rondom Stellenbosch, Franschhoek en Paarl insluit.