Die gestileerde skoenlapper-logo van hierdie mediese sentrum dui welsyn en die transformasie van siekte na gesondheid aan (ons probeer nie enige ruspes beledig nie - hulle's soms mooier as hulle volwasse eweknieë).
Blou is 'n kleur wat gereeld gebruik word in die mediese beroep. Ons het 'n spesifieke tipe blou gekies wat effens afwyk van die tradisionele blou om ook hulle alternatiewe medisyne weer te gee, en wat die helder geel gepas het.
Die mark vir hierdie klein mediese sentrum in Durbanville is "gesinswaardes", maar bereid om iets nuuts te probeer – meer spesifiek, die alternatiewe medisynemark wat so "boom" in die Kaap.
Kontak Konrad by
of by 082 44 66 526 tydens werksure.